Romano Guardini | |
Romano Guardini omtrent 1920
| |
Gebore | Verona, Italië | 17 Februarie 1885
---|---|
Oorlede | 1 Oktober 1968 (op 83) München, Duitsland |
Nasionaliteit | Duitsland |
Vakgebied | Filosofie, teologie |
Instelling(s) | Universiteit van Tübingen Universiteit van München |
Alma mater | Universiteit van Tübingen Universiteit van München |
Romano Guardini (Verona, 17 Februarie 1885 – München, 1 Oktober 1968) was 'n Duitse katolieke priester, teoloog en filosoof. Hy word gebore in 'n Italiaanse gesin, maar woon en werk gedurende sy hele lewe in Duitsland. Guardini promoveer as teoloog aan die universiteit van Freiburg. Tussen 1923 en 1939 was hy hoogleraar vir godsdiensfilosofie en katolieke wêreldbeskouing in Berlyn. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog onderbreek hy noodgedwonge sy professoraat. Ná die oorlog word hy hoogleraar te Tübingen.